Chris en Joanay Jacobs
Leraarpaar
Selfoonnommer: 076 793 0233
E-pos: chrisfjacobs@gmail.com
Meer oor die leraarpaar
Chris
Ek is in Pretoria gebore, het daar grootgeword. In 2012 matrikuleer ek aan die Hoërskool Centurion. Die jaar daarna begin ek my Teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria. In 2014 word ek op die Huiskomitee met die portefeulje vir uitreike verkies en voltooi my studies in 2018. Hier begin ek my hart vir die gemeenskap uitleef deur verskeie groepe op lewensveranderende uitreike te neem.
Na my studies begin ek ‘n interkerklike jeugbediening saam met ander gemeenteleiers en skep ruimtes vir tieners in Pretoria waar hulle hulleself kan uitleef.
Behalwe vir prediking hou ek van oefen, die buitelug en avontuuraktiwiteite. Kampe saam tieners is vir my ‘n hoogtepunt.
Ek ontmoet ook in hierdie tyd my groot liefde. In 2021 het ek en my vrou Joanay vanaf Pretoria na die Laeveld verhuis waaroor ons baie opgewonde is.
My droom vir NG Komati is om na die gemeenskap uit te reik. Ek leef daagliks my droom hier uit.
Ek beskou myself as ‘n gewone mens en streef daarna om buitengewoon te leef en ‘n verskil in my leefwêreld en die gemeenskap te maak.
Joanay
My kinderjare het begin in die platteland in Pietersburg se omgewing. Ek het aan beide Laerskool en Hoërskool Garsfontein skoolgegaan en in 2014 gematrikuleer. Ek was bevoorreg om aan die privaat instansie, Varsity College my graad in Corporate Communications te ontvang in 2017.
Die Here stuur my beste vriend en toekomstige lewensmaat oor my pad in 2018. In 2021 beleef ons verdere seëninge uit God se hand en word ons in Komatipoort geplaas, waar ons aan God se gemeente help bou en sommer vining raak ons lief vir die omgewing en die mense.
My gebede word beantwoord en ek word Mevrou Jacobs. So begin ons nuwe lewens as getroudes en gestuurdes van God.
Ek is lief vir lees, het ‘n passie vir grafiese ontwerp en hou daarvan om te dien. Ek leef my kreatiwiteit en diensbaarheid uit in die wonderlike Komati omgewing.
Saam wat ons glo
Vyf kernwaardes
- Glo dat Jesus vir jou gesterf het en leef geliefd.
- Glo in die krag van gebed en maak gebed deel van jou lewe.
- Glo dat jy geroep is om ‘n dissipel te wees en laat die Woord jou vorm.
- Glo dat jy jou kruis kan opneem en wees diensbaar.
- Glo dat jy deel van ‘n groter plan is en word deel van ons geloofsfamilie.
Kantoorpersoneel
Appel Gouws
Hulpkoster
Gift Mathebula
Algemene werker
Godwell Khumalo
Nutsman
Sipho Mabaso
Algemene werker
