BEPLAN JOU
BESOEK
Ons is opgewonde om jou te verwelkom!
Sondae:
Parkering:
Parkering is op die kerkterrein beskikbaar, sowel as in die omliggende strate van die kerkterrein.
Ablusiegeriewe:
Indien die nood jou roep is ablusiegeriewe by die lang dubbelverdieping gebou beskikbaar. Ons ablusiegeriewe is paraplegies-, bejaard-, kinder–en babavriendelik.
Eredienste:
Eredienste duur ongeveer 60 minute. Die byeenkoms begin met ‘n verwelkoming en afkondigings. Verjaarsdae en huweliksherdenkings wat die komende week plaasvind, word saam gevier. ‘n Oomblik word gegee om na die voorbiddingslys op die skerm te kyk en nuwe gebedsversoeke word bekend gemaak. Voorsangers en musiek, met lirieke op die skerm, word gespeel, sodat mense saam kan sing en deel kan neem aan aanbidding. Nadat die aanbiddingsgedeelte klaar is, gee die predikant kans vir kleuters, wat graag wil, om uit te beweeg saam met ‘n fasiliteerder vir kleuterkerk.
Die predikant beweeg vorentoe en deel ‘n Bybelse boodskap van bemoediging en hoop.
Slotsang en seёn word uitgespreek.
Ons wil jou graag ontmoet!
Kontak ons
E-pos:kantoor@ngkomati.co.za
Tel: 082 850 8807
Kom besoek ons by die kerkkantoor gedurende kantoorure of Sondae na eredienste.
Om by ons betrokke te raak, kliek hier of ontvang die vorm in jou nuwe intrekkerspakie of by die
kerkkantoor.
