By NG Komati word jy verwelkom, nes soos jy is, in ‘n vriendelike gemaklike omgewing waar jy tuis kan wees.
Ons is een groot geloofsfamilie wat deel het aan mekaar se lewensreis. Hier daag ons mekaar uit om buitengewoon te leef.
Ons skep ruimtes vir mense om te kyk, te kuier, te aanbid, te geniet, te ervaar en te behoort.
Waarvoor staan ons
DRIE ENIGE GOD
Ons erken, bely en aanbid die Drieёnige God:
Vader, Seun en Heilige Gees
SKRIF
Die Woord van God is die volmaakte en enigste maatstaf. Die Bybel is die middelpunt van ons lewe
en bediening.
GENADE
Ons glo in die Genadegawe van God wat sy Seun, Jesus, vir ons gestuur het as versoening vir ons sondes. Ons glo dat Jesus gesterf het en uit die dood uit opgestaan het as voorspraak vir ons intree by die vader.
Ons glo dat ons sonde vergewe is en lewe daarom ‘n lewe van dankbaarheid.
Deur genade het ons deel aan die Ewige Lewe.
KERK
Ons glo in die gemeenskap en samekoms van gelowiges. Ons is ‘n geloofsfamilie wat lief is vir God en lief is vir mekaar.
Ons storie
Die gemeente is gestig op 1 November 1962 in Komatipoort.
Die gemeente bestaan uit drie gedeeltes naamlik, dorp, plase en die natuurpark, Marlothpark.
Die gemeente word bedien deur een leraar Ds Chris Jacobs.
NG Gemeente Komatipoort is ‘n gemeente in die Oostelike Sinode. Ring van Baberton.
Ons vorige predikante:
• G D Kotze, 1971 – 1974
• W C de Klerk, 1985 – 1988
• J J van Zyl, 2005 – 2006
• A M Preller, 2014 – 2019
• W J Nortjé, 1985 – 2021
