Kleuters
Mincke Barnard
Ek het besluit om Kategese te join omdat ek baie plek in my hart het vir kinders, ek wou graag ‘n manier hê om my liefde vir die Here oor te kan dra aan die jonger generasie en dit op ‘n prettige manier te doen. Ek is oorspronklik van die Kaap af, maar Komatipoort het beslis my hart met al sy mooi eienskappe!
Lumaré Engels
Lumaré Engels getroud met Pieter Engels en mamma van 3 aktiewe Dogtertjies
Ane (7) Miane (6) en Leandri (3) jaar oud.
Om n mamma te wees is n gawe wat ek nie vanselfsprekend vat nie. Ek is bewus van die onbeskryflikke verantwoordelikheid wat ons as ouers het om ons kindertjies te Leer van Jesus
Die lekker, uit die maag uit lag van n kind bring vir my groot vreugde.
Ek ervaar die Here in die natuur en geniet dit om die kennis wat ek het en geleer het met hulle te deel.
Dit bring my vreugde om nuwe dinge saam my dogtertjies te ontdek, die kinderlikke geloof wat ons as volwassenes soms vergeet her ontdek.
Ek hou daarvan om deel te wees van n span wat n verskil maak.
Dit sal vir my n wonderlikke voooreg wees om deel te wees van die kinderkerk span.
Maryke Fouche
Gr. 1-2
Tessa Tecklenburg
Iets oor myself:
Ek is lief vir kinders en wil tot die beste van my vermoë hulle van die woord leer.
Kinders is ‘n wonderlike geskenk van die Here – Psalm 127:3
Gr. 3-4
Mia Lourens
Ek is Passievol oor die Bybel wil graag kinders meer leer oor Jesus!
Gr. 5 & 6
Frans Mentz
Ek is al 23 jaar in Komati . Getroud met Marie en ons het twee dogters . Ek hou van braai en sport .
Gr. 7 & 8
Cobus Botha
Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Gr. 7 & 8
Cobus Botha
Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Gr. 9-10
Walter Tecklenburg -
My liefde vir kinders was nog altyd iets wat op my hart lê. Om goeie saad te saai in Jong mense se lewens en bome te plant wat goeie vrug sal dra is belangrik en deur Kategese te gee bied my daai geleentheid.
Belydenisklas
Trudie Stander
Ek wil graag elke dag so leef dat ek die gawes en talente wat God my gegee het, tot Sy eer gebruik!
Instaan kategeet
Amore du Plessis
Instaan kategeet
Beatrice du Plessis
Instaan kategeet
