By NG Komati word jy verwelkom, nes soos jy is, in ‘n vriendelike gemaklike omgewing waar jy tuis kan wees.
Ons is een groot geloofsfamilie wat deel het aan mekaar se lewensreis. Hier daag ons mekaar uit om buitengewoon te leef.
Ons skep ruimtes vir mense om te kyk, te kuier, te aanbid, te geniet, te ervaar en te behoort.
NG Komati - waar gewone mense buitengewoon leef!
Waarvoor staan ons?
DRIE ENIGE GOD
Ons erken, bely en aanbid die Drieёnige God:
Vader
Seun
Heilige Gees
skrif
Die Woord van God is die volmaakte en enigste maatstaf. Die Bybel is die middelpunt van ons lewe
en bediening.
GENADE
Ons glo in die Genadegawe van God wat sy Seun, Jesus, vir ons gestuur het as versoening vir ons
sondes. Ons glo dat Jesus gesterf het en uit die dood uit opgestaan het as voorspraak vir ons intree
by die vader.
Ons glo dat ons sonde vergewe is en lewe daarom ‘n lewe van dankbaarheid.
Deur genade het ons deel aan die Ewige Lewe.
KERK
Ons glo in die gemeenskap en samekoms van gelowiges. Ons is ‘n geloofsfamilie wat lief is vir God en
lief is vir mekaar.
