NG Komati se gemeentevisie om meer vriendelike ruimtes te skep, waar mense kan behoort en aanbid, het daartoe aanleiding gegee dat ‘n proses begin is om die geboue en terrein te vernuwe.
NG Komati se bouprojek het Maandag 29 Mei 2023 afgeskop.
Die behoefte het ontstaan vir ‘n afdak by die ingang by die kerk vir gemeentelike samesyn. Die afdak is tot voordeel van die koinonia en gemeentebediening.
Die droom om die kleedkamers te vervang het baie sterk op ons harte gelê. Daarom is daar besluit om aandag aan ons droom te gee en nuwe ablusiegeriewe op te rig.
Die afdak, badkamers, jeuglokale en stoorkamers is gebou. Die kerkgang is ook opgegradeer.
Gemeenteaktiwiteite het dit genoodsaak om aandag aan die kerkkombuis te gee. ‘n Moderne, praktiese kombuis wat aan die gemeentebehoeftes voorsien, is ontwerp en word vir verskillende bedieninge gebruik.
Om die aansig van die kerkgebou meer esteties te maak en daar heelwat restourasiewerk nodig was, is die kerkgebou se pleister afgekap, herpleister en oorgeverf.
Die dakplate van die ouer gedeelte van die kerkgebou is vervang. Gedurende die verwydering van die plate en die restourasie van die dakstruktuur, het reёn daartoe bygedra dat die ou verweerde plafonne vervang moes word.
Elektriese bedrading, vloerbedekking en houtplanke teen die mure is verwyder, oorgedoen en die kerk is binne herpleister. Teёls is vervang met nuwe matte.
Tydens hierdie projek, is ‘n gemeentevergadering op 11 Oktober 2023 gehou en is daar besluit om ‘n funksionele en vriendelike liturgiese ruimte te skep.
Byeenkomste is op 17 Maart 2024 in die nuwe ouditorium hervat.
Gemeentelede en gemeenskapsbetrokkenheid het hierdie projek moontlik gemaak.
Alle eer kom die Here toe vir die ryklike seёn.
