Bedieninge
Gasvryheidsbediening
Ons gasvryheidsbediening wil jou verwelkom. Na eredienste drink ons gesellig saam koffie.
Hier word ware vriendskappe gevorm..
Vreemdes word vriende…
Vriende word familie…
Hier ontmoet jy dalk ‘n lewensmaat…
Barmhartigheidsbediening
Barmhartigheid is om empatie te hê met iemand wat in nood is.
Ons ondersteun mekaar as geloofsfamilie. As volgelinge van Christus, is ons geroep om invloedr yk te leef en ‘n inpak in hierdie wêreld te maak. Die volgende bedienings is deel van barmhartigheid:
- Siekebesoeke
- Siekeversorging
- Kuier by eensames
- Kospakkies
- Klerekas
- Skoenboksprojek vir matrikulante
- Higiёneprojek
- Kersfeesgeskenkpakkies
- Alimentasie
Evangelisasiebediening
Christus se opdrag is om uit te gaan en die evangelie te verkondig. NG Komati leef hierdie opdrag uit deur ons sending-en evangelisasiewerk in die gemeenskap, sowel as in ons buurlande en aan die uithoeke van die wêreld.
Dit sluit in:
- Plaaswerkersbediening
- Uitreike, eredienste en ondersteuning vir evangeliste in nabye informelenedersettings.
- Uitreike en ondersteuning vir sendingwerk in buurlande
- Ondersteuning aan buitelande evangelisasiewerk
Kampbediening
Hou jy van kamp en avontuur? Dan nooi ons jou uit om saam ons te kamp en verr yk te word.
As kamp nie jou ding is nie, bederf jouself met die gerief van ‘n chalet.
Kleuter-en kinderbediening
Waar is daar ‘n beter plek as die kerk om jou kind van die Here te leer? Skryf jou kind in by ons kleuter- en kinderbediening.
Lesse word op hulle vlak aangebied. Ons kinders geniet ook gereeld pretgeleenthede.
Elke kind is besonders en uniek geskape. Elkeen is baie belangrik vir ons.
Jeug en tienerbediening
Dit is vir ons belangrik om met ons tieners en jeug te engage en om saam met hulle te journey.
Ons skep ‘n veilige ruimte vir jongmense om bymekaar te kom.
Ons dink saam met hulle oor lewensvrae en uitdagings wat hulle ervaar.
Ons fokus om vir hulle leiding te gee en voor te berei vir die grootmenswêreld.
